Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual wat in Junie 2019 oor ’n beweerde belangebotsing afgedank is, het Dinsdag sy eis om heraangestel te word laat vaar en eis nou net R250 miljoen se skadevergoeding van die groep.
Adv. Dali Mpofu, sy regsverteenwoordiger, het Dinsdag kort nadat die hofverrigtinge aanlyn in die hooggeregshof in Johannesburg begin het, aangedui die eis om sy heraanstelling word laat vaar in die belang daarvan dat die verhoor voortgesit kan word. Hy sê Moyo wag al drie jaar vir die hofverrigtinge om voort te gaan.
“Hy het nie die middele om voort te gaan met hierdie stryd nie.”