Jy gaan eersdaags kruideniersware van Pick n Pay deur die Mr D-app kan bestel, wat tot dusver op die aflewering van kitskos gefokus het.
Dié groot aankondiging is Dinsdag gedoen.
Die diens word van Augustus af in Kaapstad getoets en sal op die laatste teen einde Februarie 2023 landwyd beskikbaar wees.