Kaapstad verwelkom vandeesweek uiteindelik ’n passasierskip van MSC Cruises nadat die maatskappy einde verlede jaar besluit het om sy vaarte langs die Suid-Afrikaanse kus te staak.
Die MSC Orchestra het dus nie meer vanaf die Durbanse hawe gevaar soos aanvanklik die plan was nie, en vaarte is eers vandeesweek hervat.
Dié stap is gedoen in ooreenstemming met MSC se gesondheids- en veiligheidsriglyne rakende die pandemie.