Die passasierskipmaatskappy MSC Cruises gaan sy vaarte langs die kus van Suid-Afrika onmiddellik tot 9 Januarie staak.
Die groep het die besluit geneem in ooreenstemming met sy eie gesondheids- en veiligheidsriglyne. Dit is genoodsaak deur die verloop van die pandemie in Suid-Afrika die afgelope paar weke.
Die besluit sal lei tot die kansellasie van alle reise van die MSC Orchestra van Durban se hawe af.