Mense wat op 20 Maart met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sou vlieg maar bang is hul planne word deur die #NationalShutdown ontwrig, kan nou eenmalig gratis hul reisplanne verander.
Die SAL het sy stem bygevoeg tot ’n lang lys entiteite wat gebeurlikheidsplanne gereed kry vir Maandag se beplande betogings.
“Hoewel ons vlugskedules onveranderd bly, hou ons die situasie fyn dop vir enige moontlike ontwrigting van ons bedrywighede.