Dubbelkajuitbakkies vir Afrika word nou in Suid-Afrika gebou en die eerste bakkies sal binnekort uit Nissan se aanleg in Rosslyn, Pretoria, ry.
Die Japanse motorvervaardiger het Dinsdag amptelik begin om die Navara-dubbelkajuitbakkies by sy Rosslyn-aanleg te vervaardig en Nissan-aanhangers in Suid-Afrika sal die bakkies nog vandeesmaand kan koop.
Navara-bakkies sal in die derde kwartaal van die jaar na ander lande in Afrika suid van die Sahara uitgevoer word.