’n Gevoel van normaliteit begin in die hospitaalbedryf terugkeer omdat ander opnames in hospitale nie werklik getref is deur die huidige en vyfde vlaag van die pandemie nie, volgens Peter Wharton-Hood, uitvoerende hoof van die Life Healthcare-hospitaalgroep.
“Die onlangse vlae van Covid-19 het minder ontwrigting veroorsaak. Dit tesame met die ekonomie wat heropen het, die terugkeer na kantore en ander tekens van ’n terugkeer na normaliteit, bring ’n bemoedigende herstel in die vraag na gesondheidsorg,” sê hy.
Hy sê die resultate van die groep vir die halfjaar tot einde Maart dui op die herstel in die vraag na gesondheidsorg.