Die skep van Discovery Bank en ’n groot aantal polisse wat weens sterftes uitbetaal het, het die Discovery-groep se wins nadelig geraak.
Adrian Gore, uitvoerende hoof, het Woensdag die groep se resultate vir die jaar tot einde Junie by sy hoofkantoor in Sandton, Johannesburg, aan belanghebbendes voorgelê.
Die wesensverdienste het met 11% tot R5,14 miljard gedaal teenoor ’n jaar tevore.