Kommentaar oor banke het vanjaar met 41% of amper ’n miljoen verwysings op sosiale media gestyg vergeleke met verlede jaar.
Die sewende jaarlikse verslag oor kommentaar op sosiale media deur die marknavorser DataEQ toon die merkbare toename in gesprekke oor banke.
“Dit dui op ’n groeiende voorkeur deur Suid-Afrikaanse verbruikers om sosiale media te gebruik om met banke te praat,” luidens die verklaring.