Die hofproses word deur Old Mutual misbruik.
So het Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof, Donderdag aangevoer toe die lewensversekeraar die hof gevra het vir die ontslag van sy skadevergoedingseis van R250 miljoen.
Dit is in reaksie op die tussengeding ingevolge die hofreëls wat Old Mutual gebring het om die hof te vra vir die absolusie van Moyo se eis.