Ná die onluste in Julie verlede jaar het SVI Engineering ’n vloot Hilux-dubbelkajuitbakkies spesiaal gepantser om Toyota Suid-Afrika Motors se massiewe voertuigvervaardigingsaanleg in KwaZulu-Natal te help beskerm.
Die Hilux word by die Japannese maatskappy se Prospecton-aanleg suid van Durban vervaardig vir die plaaslike en uitvoermark, saam met die Fortuner, Corolla Cross, Corolla Quest en Hi-Ace Ses’Fikile.
Die gepantserde Hilux 2.4 GD-6 Raider-dubbelkajuitbakkies spog met volle ballistiese beskerming teen aanvalsgewere, insluitend die AK-47, R1 en R5.