Pepkor se inkomste het vir net die tweede keer in die vyf jaar waarin Leon Lourens die uitvoerende hoof was, met minder as 9% gegroei.
Die groei van 5,3% bring Pepkor se verkope vir die boekjaar tot einde September nietemin op R81,4 miljard te staan, die eerste keer dat dit meer is as R80 miljard.
Die ander jaar waarin groei minder as 9% was, was 2020, die eerste jaar van die Covid-19-pandemie, toe groei 3,6% was. In dié jaar het kleinhandelaars deur die bank swaar getrek omdat inperkings en verbruikers se vrees vir die siekte verkope geknou het.