Qatar Airways en Airlink span kragte saam om reisigers meer opsies vir vlugte in Afrika en die wêreld te bied.
Die twee lugdienste gaan hul dienste uitbrei met ’n ooreenkoms oor die deel van vlugkodes.
Volgens die ooreenkoms sal reisigers nou met die twee lugdienste se samewerking uitgebreide toegang tot 45 bestemmings in 13 lande in Suider-Afrika en ander wêrelddele verkry.