Die lugdiens Qatar verplig nie meer passasiers uit sekere Afrikalande om gesigsmaskers én -skerms op sy vlugte te dra nie.
Qatar se Twitter-rekening het verlede week gegons toe ontstoke Twitter-gebruikers hierdie vereistes vir passasiers van Suid-Afrika, Mosambiek en Zambië as rassisties bestempel het en sommige onderneem het om nie plek op Qatar-vlugte te bespreek nie.
Die lugdiens het Saterdag op Twitter gesê hy vereis nou nie meer van passasiers uit dié drie lande om gesigmaskers en -skerms te dra nie omdat dit glo net op kort termyn nodig was.