Die familie van ’n Indiese sakeman eis R1 350 miljard van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).
Hulle glo dit is geld wat hy uit diamantverhandeling en ander beleggings in onder meer Lesotho verdien het, en wat tydens die apartheidsjare in die 1980’s in die Suid-Afrikaanse regering se hande beland het.
As hulle ooit sou slaag in die saak, beteken dit die OBK sal byna 53% van sy totale bates van R2 548 miljard aan Rehana Surtie Tayob moet oorbetaal. Sy is die weduwee en eksekutrise van haar oorlede man, Abdul Razak Tayob Surtie, se boedel en woon tans in Lesotho.