Die verkope van die luuksegoederegroep Richemont se juweliersware het in die kwartaal tot einde Junie blink vertoon.
Richemont besit Cartier en Van Cleef & Arpels, wat die grootste deel van sy verkope bydra. Die verkope van sy juweliersware het met 10% tot €1,8 miljard in die eerste kwartaal van sy nuwe boekjaar gestyg.
In geheel het Richemont se verkope teen 12% tot €3,7 miljard in die kwartaal gestyg. Dit is danksy sterk verkope in Asië. Verkope in Europa het gesukkel.