Die regering behoort nie vanjaar aksyns op drankprodukte te verhoog met die begroting in Februarie nie, sê die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB).
Só kan die bedryf vergoed word vir die verlies wat hy gely het weens die verbod op die verkoop van alkohol, meen die SAB.
Hy het ’n hofaansoek ingedien waarin die grondwetlikheid van die verbod op drankverkope, wat nou die derde keer ingestel is, betwis word.