Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) sê hy is “sterk ten gunste van inenting” en het nou ’n proses van stapel gestuur om moontlik al sy werknemers te verplig om ingeënt te word.
Die drankreus sê in ’n verklaring hy het met ’n konsultasieproses begin om die moontlikheid van ’n amptelike beleid vir al sy bedrywighede op te stel om die inenting van al sy werknemers teen die koronavirus verpligtend te maak.
“Die Covid-19-pandemie raak steeds alle aspekte van die lewens van miljoene mense oor die wêreld heen, en die pandemie het ’n verwoestende uitwerking op die samelewing en die ekonomie van Suid-Afrika gehad,” sê die SAB.