Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal nou met álle vakbonde wat sy werknemers verteenwoordig, moet raadpleeg tydens die plan om 944 mense af te lê.
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Dinsdag beslis dat die SAL ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge nie selektief kan versuim om vakbonde oor sy herstrukturering te konsulteer nie.
Die oorwinning vir vakbonde raak spesifiek ’n koalisie van Satawu (South African Transport and Allied Workers Union), Ausa (Aviation Union of South Africa) en Solidariteit wat saam die aansoek gebring het.