Thandeka Mgoduso, waarnemende voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), ontken dat die SAL roekeloos handel dryf kragtens art. 22 van die Maatskappywet.
Volgens haar het die SAL onbetwiste beloftes van die regering gekry dat hy die SAL finansieel sal ondersteun. Die SAL se regsadviseurs het bevestig dit is voldoende om as lopende saak voort te gaan.
Mgoduso het geantwoord op vrae van Alf Lees, DA-lid van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), oor geldelike hulp wat die SAL telkens op die nippertjie van die staat kry.