Meer verbruikers onder die laerinkomstegroepe as verwag het in die eerste helfte van die boekjaar tot einde Junie van hul polisse ophou betaal.
Dit is veral begrafnispolisse wat deur dié verbruikers gehou word.
Wikus Olivier, uitvoerende hoof van strategie van Sanlam, sê in die intreevlakmark was daar ’n verswakking in die volgehoue betaling van premies.