Die stygende inflasie en rentekoerse het ’n voortgesette uitwerking op beleggings asook die vermoë van kliënte om nuwe versekering uit te neem of met hul bestaande paaiemente daarvoor vol te hou.
Sanlam sê in ’n handelsoorsig die bedryfsomgewing het moeilik gebly sedert sy halfjaar geëindig het. Die handelsoorsig handel oor die tien maande van sy boekjaar tot einde Oktober.
Die versekeraar het met sy halfjaar gemeld dat meer verbruikers onder die laerinkomstegroepe opgehou het om hul polisse te betaal as verwag. Dit is veral begrafnispolisse wat deur dié verbruikers gehou word.