Ondersoek gaan gedoen word na die “buitensporige pryse” wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan ’n maatskappy betaal het vir 500 000 chirurgiese maskers.
Tsutsumani Business Enterprises het na bewering die SAPD uitgebuit toe hy in April 2020 dringend honderdduisende maskers moes bekom met die aanvang van die pandemie.
Die Mededingingskommissie het Sondag gesê die SAPD het ’n klagte by hom ingedien oor die buitensporige pryse wat hy aan Tsutsumani moes betaal.