Die skerp styging in brandstof- en kospryse is besig om hul weg na winkelrakke te vind.
Shoprite, Suid-Afrika se grootste winkelgroep, is bekommerd oor die skerp styging in inflasie, veral die afgelope kwartaal, wat hom noop om pryse in winkels te verhoog.
Die winkelgroep se gemiddelde prysstygings vir die boekjaar is nog betreklik matig op 3,9% (teenoor Junie se landwye inflasie van 7,4%). In die eerste helfte van die boekjaar was dit egter net 2,6% en dit was byna dubbeld soveel in die tweede helfte op 5%.