’n Skooluniform by Pep is nou goedkoper as twee jaar gelede – en nie net ’n bietjie nie, ’n hele 22%.
’n Uitrusting vir ’n gr. 1-meisie – rompie, hempie en skoene – kos nog minder as R60.
Pepkor, wat onder meer Pep, Ackermans, Tekkie Town en Incredible Connection besit, spog dat hy markaandeel in verskeie kategorieë wen danksy sy laserfokus op billike pryse.