Lede van die vakbond Giwusa het Woensdag ’n optog na die hoofkantoor van Clover gehou om ’n versoekskrif met eise aan die uitvoerende hoof te oorhandig.
Charles Phahla, adjunkhoofsekretaris van Giwusa, sê hulle staak al sedert verlede Dinsdag by sowat tien Clover-aanlegte oor die land heen en meer as 2 000 mense neem deel.
Hy sê die staking ontwrig beslis Clover se produksie.