Kliënte van Standard Bank was Saterdag hewig ontsteld nadat hulle nie meer aankope of betalings kon doen nie omdat die bank se stelsels buite werking was.
Standard Bank het Saterdagoggend in ‘n boodskap op sy Facebook-blad om verskoning gevra oor die onderbrekings, wat dit onmoontlik gemaak het om geld by kitsbanke te trek of betalings by winkels te maak.
“Ons werk dringend daaraan om die probleem op te los en vra om verskoning vir die ongerief.”