Al die aandele wat in Steinhoff Investment gehou word, is aan die krediteure verpand as sekuriteit vir die tydige betaling van die meer as €9 miljard wat aan hulle geskuld word.
Steinhoff Investment (SIHL) word beskryf as die voertuig wat die groep se bates in Afrika besit – insluitend die aandeelhouding in Pepkor.
Steinhoff se krediteure is hoofsaaklik buitelandse verskansingsfondse en ander beleggers wat maatskappye se skuldbriewe opkoop wanneer ’n maatskappy in nood is.