Die geheimsinnige Oostenrykse sakeman waarvan geen foto’s op die internet gevind kan word nie, Andreas Seifert, het uiteindelik ná sewe jaar ’n finale skikking met Steinhoff bereik.
Dit hou verband met ’n regsgeding wat van 2015 af voortsleep ten opsigte van ondernemings van Seifert se belegging saam met Steinhoff in die Franse meubelwinkelgroep Conforama.
Seifert is al in oorsese berigte as ’n baie geheimsinnige entrepreneur beskryf wat nie daarvan hou dat foto’s van hom geneem word nie.