Steinhoff gaan sy jaarvergadering, wat in Maart sou plaasvind, uitstel omdat hy nog duidelikheid oor sy herstruktureringsplan van die reguleerders wil kry.
Die groep, wat sy hoofnotering in Duitsland het en ook in Suid-Afrika genoteer is, sou die kennisgewing vir die jaarvergadering Donderdag uitgereik het.
Steinhoff sou ook ’n omsendbrief uitgereik het aan die aandeelhouers oor die plan vir die maatskappy se berg skuld wat hulle op die jaarvergadering moes oorweeg.