Taste, ’n maatskappy wat 20 jaar gelede sy oorsprong gehad het in ’n enkele pizzaplek in Westville, Durban, doen finaal afstand van sy restaurant-wortels.
Die firma se naam verander teen einde Julie na Luxe nadat 100% van die aandeelhouers op die jaarvergadering ’n voorgestelde naamsverandering goedgekeur het.
Die naamsverandering weerspieël die feit dat Taste glad nie meer restaurante het nie, slegs winkels wat juweliersware en horlosies verkoop, naamlik NWJ, Arthur Kaplan en World’s Finest Watches.