Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, is nou byna $100 miljard meer werd as Jeff Bezos, Amazon se stigter, vir wie hy in Januarie die eerste keer verbygesteek het om die wêreld se rykste mens te word.
Musk het Maandag $36,2 miljard ryker gaan slaap as toe hy wakker geword het in die grootste enkele dagwins wat Bloomberg se miljardêrsindeks nóg aangeteken het.
Bloomberg skat Musk se netto batewaarde nou op $288,6 miljard, teenoor Bezos se $192,6 miljard.