Tito Mboweni, voormalige minister van finansies, is weer aangestel as ’n nie-uitvoerende direkteur van Discovery en sy filiaal Discovery Life.
Sy aanstelling geld van 5 Mei.
Mboweni was voorheen van 2013 tot Oktober 2018 in die direksie totdat hy minister van finansies geword het, waarna hy uit verskeie direksies bedank het.