Transnet Pipelines spog hy het vir die eerste keer vliegtuigbrandstof regstreeks van Durban af by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg afgelewer.
Dit kom nadat opgaartenks by Jameson Park in Gauteng opgeknap is om die brandstof te ontvang, en die bestaande pypleiding tussen Alrode en die lughawe aangepas is.
Die vliegtuigbrandstof het op die korrekte spesifikasies by die lughawe aangekom nadat dit die hele tyd via Transnet se pypleidingstelsel van die kus af gevloei het, het Transnet Pipelines in ’n verklaring gesê.