Die kleinhandelgroep Truworths verwag sy wins per aandeel kan tussen 43% en 48% styg in die ses maande tot einde Desember.
Die groep, wat ook in Brittanje bedrywig is, sê die ontwrigting wat die pandemie veroorsaak het, het steeds ’n negatiewe impak op sy bedrywighede, veral ten opsigte van sy voorsieningsketting.
Van middel Julie tot einde Augustus is ’n beduidende getal Truworths-winkels ook in die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng beskadig. Ses winkels het steeds nie heropen nie weens die brandskade aan die winkelsentrums waarin dit geleë is.