Die casinogroep Tsogo Sun Gaming is erg ontevrede oor die departement van gesondheid se planne om alle rook by casino’s te verbied.
Tsogo waarsku in sy kommentaar met sy jaarresultate dat die departement van gesondheid se voorgestelde verbod op die reeds beperkte rookareas by geriewe die casinobedryf negatief gaan raak.
Die tydsberekening hiervan, veral ná die negatiewe impak van die Covid-19-pandemie en beurtkrag, is volgens Tsogo potensieel vernietigend vir die bedryf.