Een van Suid-Afrika se jongste banke het in net tien maande meer as miljoen kliënte gewerf, maar is steeds nie winsgewend nie.
TymeBank het die mylpaal “Saterdag (23 November) om 16:52” bereik, het Tauriq Keraan, uitvoerende hoof, Donderdag op ’n spesiale aanbieding in Johannesburg gesê.
Die bank het einde Januarie met 100 000 kliënte kommersieel begin sake doen en teen Julie reeds halfmiljoen kliënte gehad.