Soos verwag is, het die regering nie die private suiwelprodusent Clover summier genasionaliseer soos vakbonde geëis het nie.
Ná ’n mislukte vergadering met personeel van Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, sê die vakbond vir algemene nywerheidwerkers (Giwusa) sy lede en dié van die vakbond vir voedsel- en verwante werkers (Fawu) gaan nie net Clover-fabrieke landwyd beset nie, maar ook Patel se kantoor.
Dié dreigement volg op ’n vergadering Dinsdag waarop die minister self nie teenwoordig was nie.