Die SAL het kennisgewing van twee vakbonde, die National Union of Metalworkers (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging, gekry wat hulle die reg gee om binne 48 uur te begin staak.
Thandeka Mgoduso, waarnemende voorsitter van die SAL, het Woensdag die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gewaarsku oor dié verwagte staking.
Die vakbonde eis verhogings van 7,5% tot 8%, terwyl die SAL geen verhogings kan bekostig nie, het sy verduidelik.