Veganiste wat soek na ’n smulhappie kan gerus ’n draai by Checkers maak.
Checkers het byna die helfte van die Suid-Afrikaanse markaandeel in veganistiese en plantgebaseerde produkte.
Checkers sê dié tipe produkte raak al hoe gewilder en hy het sy aanbod uitgebrei deur ’n vennootskap met die Amerikaanse veganistiese voedselreus LiveKindly Collective.