Die gesondheidsbelonings van Discovery Vitality gaan nou ’n stap verder deur rokers te probeer aanmoedig om op te hou rook.
Volgens Dinesh Govender, uitvoerende hoof van Vitality, is ’n vennootskap met die digitale kliniek Quit Genius aangegaan.
Quit Genius kry dit reg om 52% van die mense wat sy dienste gebruik, te help om op te hou rook.