’n Fabriek in Ashton in die Wes-Kaap wat sagtevrugte verwerk en inlê, gaan waarskynlik sluit.
Indien Tiger Brands se planne deurgevoer word om die Langeberg & Ashton Foods (L&AF) te sluit, kan 250 mense op die platteland hul permanente werk kwyt wees.
Sowat 4 300 mense wat sowat drie weke per jaar as seisoenale werkers help om appelkose in die fabriek te verwerk, kan ook hul inkomste verloor.