Suid-Afrikaners blyk steeds die meeste tevrede te wees met FNB se digitale bankdienste, het InSites Consulting in sy jaarlikse peiling bevind.
Dié konsultasiefirma vra elke jaar ’n groep Suid-Afrikaners om al die vernaamste banke te bepunt op grond van hul digitale aanbod, insluitend die bank se app en webtuiste.
Volgens die jongste peiling het FNB ’n gemiddelde punt van 81 uit 100 ontvang. Capitec is in die tweede posisie met 78, gevolg deur die nuweling TymeBank met 74.