Dit mag dalk vlak 1 van die staat van inperking wees, maar daar is steeds baie Suid-Afrikaners wat om dié rede nie kan werk nie.
Dit maak dus glad nie sin dat die regering nie bereid is om die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se Covid-19-Ters-voordeel te verleng nie.
Business for South Africa (B4SA) het Sondag in ’n verklaring gesê dat die staat dié voordeel behoort te verleng vir so lank as wat die ramptoestand ook al gaan duur.