Werknemers wat weens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng nie meer kan werk nie omdat hul werkplekke geplunder of vernietig is, kan nou vir ’n spesiale toelae in aanmerking kom.
Daarbenewens kan werkgewers aansoek doen om rentevrye lenings om hul ondernemings te herbou.
Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, het Dinsdag die nuwe regulasies vir die vergoeding van werknemers wat deur die onluste geraak is, in die Staatskoerant gepubliseer.