Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, tree op soos ’n tiran wat sy omstrede en onwettige uitlatings oor die Sibanye-Stillwater-staking betref.
So reken Rex van Schalkwyk, oudregter van die appèlhof en voorsitter van die Vryemarkstigting. Hy het Vrydag in ’n verklaring gesê dit lyk of Mantashe onwettige planne wil maak om Sibanye te keer om sy voet neer te sit oor werkers wat nou al meer as drie maande lank by sy goudmyne staak.
Mantashe het oënskynlik die kant van die vakbonde gekies.