Sowat 5 270 mense kan hul werk by die Marikana-platinummyn in Noordwes verloor.
Sibanye-Stillwater, die eienaar van die myn, sê Woensdag in ’n verklaring hy het reeds met ’n art. 189-proses ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge begin.
Die moontlike afleggings sluit sowat 3 904 van Sibanye-Stillwater se eie werknemers in en sowat 1 366 kontrakteurs.