Die gemeenskap van Koffiefontein in die Vrystaat hoop dat hul vennootskap met Petra Diamonds om op klein skaal op een van hul persele te myn, nie net ekonomiese bemagtiging sal teweegbring nie, maar ook maatskaplike verandering.
Só het Joseph Maqanda, voorsitter van die Koffiefontein Community Mining Primary Cooperative (CMPC) Donderdagmiddag gesê kort nadat ’n lisensie om op een van Petra se persele aan die buitewyke van die dorp te myn, aan hulle oorhandig is.
Die ooreenkoms tussen Petra Diamonds en die Koffiefontein-gemeenskap is die eerste van sy soort in die Vrystaat en laat dié mense toe om self te myn, die diamante wat ontgin word, te verkoop en die geld terug in die gemeenskap te ploeg.