Vier vakbonde het nou amptelik stakingsertifikate ontvang om by Sibanye-Stillwater se goudafdeling te begin staak.
Die mynmaatskappy sê Vrydag in ’n verklaring dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nou amptelik stakingsertifikate aan Solidariteit, NUM, Numsa en Uasa uitgereik het.
Dit baan nou die weg vir die vier vakbonde om enige oomblik met hul staking te begin.