Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het daarin geslaag om werknemers wat by Sibanye-Stillwater se goudmyne staak te oortuig om in beginsel ’n nuwe aanbod te aanvaar, maar vakbondleiers het nog nie ingestem nie.
Die KVBA het ’n verhoging voorgestel wat hoër is as wat Sibanye in sy laaste aanbod gemaak het, maar laer is as wat vakbonde geëis het.
Sibanye het Vrydag in ’n verklaring gesê hy is bereid om die verhoging aan te bied om ’n einde aan die staking te maak.